
=====================================================================
Ek en die lytest geneuk (AV 5:5)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Ek en die lytest geneuk

Deur Patricia Scott

TOE ek vanoggend voor die winkel stilhou om brood en melk te koop, sit ek 'n oomblik stil en dink. Twee rand tien sent vir 'n wit brood en 
dit op 'n special! En skielik hoor ek die stem van die een of ander ekonomiese profeet uit toentertyd: 'n brood sal nog eendag 'n pond kos! 
Ek het toe by myselwers gedink: 'n pond vir 'n brood! Nee, dit sal ek sekerlik nie beleef nie. En sowaar, hier kan ek vanoggend op 'n 
special een wit brood koop vir 'n ghienie!

In daardie dae kon ek vir 'n ghienie 'n rok koop en vir een pennie vier niggerballs. Hierdie terugharkery na die verlede sit vierkantig die 
tjap op my voorkop: Bejaard!

Toe ons ons eerste A-lyn huis gebou het met die dak wat onder normale vensterhoogte eindig, het een van die handlangers 'n bietjie vinnig 
om die hoek gekom, sy skouer vasgegryp, die lae dak met misnoe beskou en toe gemompel: "Lytest geneuk!"

En sy woorde vir die nuwerwetse dinge van vandag bly my nog by. Eintlik voel ek bevoorreg om in hierdie tyd te leef. Al weet ek ek moet 
ligloop vir al die nuwe tegnologiese ontwikkelinge, kan ek nie my hande daarvan afhou nie.

Dit laat my goed voel as ek my kitsbankkaart in die gleufie kan laat ingly en die masjien vra ewe beleefd: Kitskontant? R20 of R50 en uit 
watter rekening asseblief? Of wil u dalkies 'n saldo-navraag doen of 'n voorlopige staatjie h net om te sien hoekom staan daar al weer 'n 
minusteken agter die bedrag? Kyk, hierdie ding ken jou diepste geldgeheime! Lekker ding di lytest geneuk.

My heel nuutste lytest is 'n ou Appelrekenaartjie wat ek by my skoonseun present gekry het. O wonder van alle wondere! Ek, wat van 'n 
tikmasjien minder as 'n kat van saffraan weet, sit en tik soos 'n wafferse tikster. Dis so heerlik. Ek doop sommer hierdie wreldsding: 
"Lekkerding". Maar dis nie lank nie of ek het weer rede om iets wat my pa jare gelede vertel het, voor die geestesoog te roep. Sien, die 
storie gaan so.

Ou Piet het 'n boerbok gehad en elke dag het hy met die bok aan 'n leiband die pad gevat na die weikampie. Die ou was 'n hakkelaar van 
formaat. Terwyl hy sukkel om die regte woord uit te kry, het hy 'n selfgemaakte woord "okke" ingevoeg en soos dit dikwels met 'n oumens 
gaan, het hy die gewoonte gehad om hardop met sy bok te gesels. Die wandeling het dan so verloop. Terwyl die bok geduldig agter hom 
aandrentel, het ou Piet gesels: "Okke b-b-bok okke m-mooi b-b-bok". Maar as die bok by aanskoue van 'n paar sappige grashalmpies vassteek, 
met die voorbene reguit en die nek lank uitgerek, het ou Piet wrewelig laat hoor: "Okke b-b-bliksem, okke b-b-bok, okke b-brandsiek ding!"

Op 'n dag tik ek 'n storie op my wondermasjientjie klaar en is gereed om dit te druk. Ek is nog blinkoog en begogeld deur die letterjies 
wat so op die skerm rondspring. As ek 'n fout regmaak, is dit kompleet of ek s: Kul jou hier en kul jou daar soos elke letter rondskarrel 
om op die regte plek te kom. Okke Lekkerding, okke mooi ding! s ek vir myself.

Hierdie lekkerding is twee tale magtig: Engels en Duits. Ek koppel die drukker aan die rekenaar, versigtig soos my kinders my touwys gemaak 
het en gee die bevel: Druk!

Hy flits op die skerm: Printing. Lytest geneuk. Dan hang hy vir my 'n horlosietjie op die skerm wat vir my s; Wag so bietjie, ek ondersoek 
die saak. Weer verskyn 'n boodskap op die skerm. Hierdie keer in Duits: Der Drucker meldet sich nicht als stylewriter! Liewe aarde, die 
twee praat met mekaar!

Ek druk weer so 'n paar knoppies. Die drukker begin steun en knor, gryp die eerste papier en trek hom netjies deur. Leeg! Daar verskyn weer 
'n boodskap: Der Drucker hat kein Papier. Legen Sie neues Papier in das Papiermagazin. Klicken Sie dann fortfahren. Ek doen soos ek beveel 
word. Die drukker gryp weer 'n stuk papier, sleep dit so skeef-skeef deur tot in die helfte en steek toe soos ou Piet se bok vierspoor vas! 
Ek rem aan die een kant van die papier en die drukker klou aan die ander kant en ek dink: Okke bliksem, Lekkerding, okke brandsiek ding!

N nog 'n bietjie sukkel, kry ek, die rekenaar en die drukker dit reg om te sinchroniseer. Eureka! Ek het die storie in my hand.

Okke Lekkerding, okke mooi ding. Jy's 'n lytest geneuk so na my hart! Stilbaai Skryfkring.



Sterretjie uit Oulap-stories

vertel deur Vosloo



LOREN sit saam met haar pappa by 'n vuurtjie in die veld. Haar groot ogies word vol trane terwyl sy s: "Pappa, ek mis vir Kietels."

Haar pappa gee haar 'n drukkie. "Ja, hy was 'n wonderlike vriendjie." Dis 'n rukkie stil tussen hulle, toe wys haar pappa na die sterre. 
"Kyk al die sterre. Hulle is ontelbaar baie."

Loren droog haar o af en vra: "Pappa, hoekom flikker hulle so?" "Ek dink hulle lewe en nou knipoog hulle vir ons," antwoord Loren se 
pappa.

"Pappa, waar kom sterre vandaan?" wil Loren weet. "'n Nuwe ster word gebore elke slag as 'n diertjie doodgaan," verduidelik Loren se pappa.

"O, dan is Vissie en Kietels en Kolle en Voltjie sterretjies! Dit maak my bly," roep Loren uit. "Dit maak my ook bly," s Loren se pappa 
en hy knipoog vir die sterretjies.

Terug na bo     Sterretjies

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av5523.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Desember 1998 /// Hanteer praktiese taalprobleme menswaardig (AV 5:5) 
/// Oor vryheid en onvryheid (AV 5:5) /// Nederlandse boeke in Suid-Afrika (AV 5:5) /// Wie sal die verlossende woord spreek? (AV 5:5) /// 
Toonvenster van talent (AV 5:5) /// Hegte vriendskapsbande met Vlaandere gebou (AV 5:5) /// 'n Nuwe Afrikaanse webwerf (AV 5:5) /// 
Gehalteprodukte verdien sente (AV 5:5) /// Europese studie-ervaring is binne bereik (AV 5:5) /// Kroniek van twee gesprekke (AV 5:5) /// 
Die wel en wee van Afrikaans se statusprys (AV 5:5) /// Ons sing in Afrikaans! (AV 5:5) /// 'Aitjiebul' speel met taal (AV 5:5) /// 
Vrouekrag in die Suid-Kaap (AV 5:5) /// 'n Gees van fees in die lug (AV 5:5) /// 'n Skrywersoog op Kersfees (AV 5:5) /// Stel die land en 
al sy mense sentraal (AV 5:5) /// Slaan 'n slag vir Afrikaans (AV 5:5) /// 'Interessante tye' vra innovasie (AV 5:5) /// Veeltaligheid is 
'n bron van kennis (AV 5:5) /// 'n 'Oulap' se stories laat die taal vonkel (AV 5:5) /// Sport en sports vir joernaliste in Londen (AV 5:5) 
/// Ek en die lytest geneuk (AV 5:5) ///

